Eksotermies (biologie)

Skilpaaie, wat eksotermies is, bak in die son om hitte te kry.

Eksotermies of eksoterm (van die Griekse ἐκτός ektós, "buite", en θέρμη thermē, "hitte") in biologie dui op ’n organisme wat min interne hitte gebruik om hulle biologiese temperatuur te reguleer.[1]

Sulke diere, soos paddas, is afhanklik van hitte uit die omgewing,[2] wat hulle toelaat om metabolies baie ekonomies te funksioneer.[3] Sommige van hulle woon in omgewings waar temperature konstant bly, soos tipies is van die diepsee, en kan dus beskou word as ekso-/homeotermies.

In teenstelling hiermee soek baie diere eksterne hittebronne op of skuil teen die hitte op plekke waar die temperatuurverskille so groot is dat dit fisiologiese aktiwiteite beperk. Reptiele reguleer byvoorbeeld dikwels hulle liggaamstemperatuur deur in die son te bak of skadu op te soek indien nodig. Daar is ook baie ander hitteregulerende meganismes.

In algemene taalgebruik word die term "koudbloedig" dikwels gebruik. Die teenoorgestelde van eksotermies is endotermies ("warmbloedig"), hoewel daar oor die algemeen geen volstrekte of duidelike skeiding is tussen die aard van ekso- en endotermiese diere nie.

  1. Davenport, John. Animal Life at Low Temperature. Publisher: Springer 1991. ISBN 978-0412403507
  2. Jay M. Savage; met foto's deur Michael Fogden en Patricia Fogden. (2002). The Amphibians and Reptiles of Costa Rica: a Herpetofauna Between Two Continents, Between Two Seas. Chicago, Ill.: University of Chicago Press. p. 409. ISBN 978-0-226-73538-2.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Milton Hildebrand; G.E. Goslow jr. Principal ill. Viola Hildebrand. (2001). Analysis of vertebrate structure. New York: Wiley. p. 429. ISBN 978-0-471-29505-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search